|
Die hoof-plaashuis beskik oor luukse
en-suite slaapkamers en grasdak chalets tussen Kameeldoringbome is 'n
ongelooflike ervaring wanneer jy soek na vrede en privaatheid.
Kampeerplekke beskik oor elektrisiteit vir diegene wat met 'n tent of
woonwa wil uitkamp en 'n ablusieblok met koue water, braaigeriewe en 'n
reuse kampvuur, is altyd beskikbaar.
Indien jy belangstel in iets meer
primitief, is Boma Boskraal die ideale plek - geleë sowat 5km vanaf die
hoofhuis, bied hierdie uitspanplek slaapplek onder die sterre! Hierdie
kamp is geleë op die oewer van die Moloporivier met 'n lieflike uitsig
oor die sandduine van Botswana en sonsondergange om vir altyd te onthou! |